Liewe teaterganger
Jy het gekies om 90 minute van jou lewe op sy te sit en ʼn toneelstuk te kom kyk. Ons, die ander gehoorlede, wil ook graag die vertoning kyk, daarom smeek ons jou om ʼn paar basiese reëls te oorweeg.
Tydens die
afgelope feestyd het ek nie een vertoning bygewoon waar iemand se selfoon nie
gelui het nie: alarms, BB’s, SMS’e, e-posse en oproepe. Sit jou selfoon af,
want die liggie wat flikker pla ook, en kyk die vertoning.
Moet asseblief
nie jou suigstokkie agter my kom suig nie. Moet asseblief ook nie die sherbet
uit die suigstokkie uitsuig nie. Moet, wanner die suigstokkie op is, asseblief
nie aan die stokkie begin suig tydens ʼn vertoning nie. Dis gross en dit freak
my uit.
Wees ook
asseblief betyds vir alle vertonings. Ek moes menigmale ʼn ekstra paar minute
wag vir ʼn vertoning om te begin omdat jy nog jou sigarettetjie gerook het.
Fotograwe,
daardie masjientjie wat jou verniet in ʼn vertoning inkry, is baie steurend. Die
flitse gee my aanvalle en die klank van jou foto’tjies is steurend. Doen almal
die guns en reël vooraf vir ʼn paar kiekies of doen iets met die settings
op jou kamera.
Die ‘feessituasie’
in die land gee vir baie mense kans om toneelstukke te kyk, en daaroor is ek
inniglik bly.
