Friday, 8 March 2013

US Woordfees Orion se belt

Annemarie Hattingh, Brian Robson en Elizna Vermeulen

Orion se belt laat gehore skaterlag by Woordfees.

Stellenbosch, Aan de Braak Teater-Kroeg

Regie: Frans Hamman

Die klein produksie met Elizna Vermeulen, Annemarie Hattingh en Brian Robson het vermaak.

Die kabaret is op liefdes-realiteitsprogramme baseer en volg Orion op sy pad na liefde. Orion moet kies tussen twee meisies. Die een, Mariska (gespeel deur Hattingh) en die ander Anneline (Vermeulen).

Altwee keuses het hul  eienaardighede wat gehore vermaak.

Annemarie Hattingh en Brian Robson
Die produksie spog met ʼn oorspronklike nuwe teks wat vir die hele familie gepas is. Die skerp kommentaar op vandag se verwagting van liefde, wat baseer is op realiteitsprogramme is, is verfrissend .

Programme wat onder die kollig kom sluit in: The Bachelor, Extreme Makeover en Masterchef.

Die tegniese besorging, behartig deur Johan de Jager, dra ook grootliks by tot die produksie. 

Die lang monoloë kan soms langdradig raak en tussentonele kan gladder verloop.
Elizna Vermeulen

Die spanwerk onder geselskap is tasbaar en die wending aan die einde is onverwags.


Die produksie kan deur die hele familie geniet word, maar spreek spesifiek tot ʼn jonger teikenmark.

No comments:

Post a Comment

Please keep comments clean.