Saturday, 9 March 2013

Liewe Teaterganger


Liewe teaterganger


Jy het gekies om 90 minute van jou lewe op sy te sit en ʼn toneelstuk te kom kyk. Ons, die ander gehoorlede, wil ook graag die vertoning kyk, daarom smeek ons jou om ʼn paar basiese reëls te oorweeg.


Tydens die afgelope feestyd het ek nie een vertoning bygewoon waar iemand se selfoon nie gelui het nie: alarms, BB’s, SMS’e, e-posse en oproepe. Sit jou selfoon af, want die liggie wat flikker pla ook, en kyk die vertoning.

Moet asseblief nie jou suigstokkie agter my kom suig nie. Moet asseblief ook nie die sherbet uit die suigstokkie uitsuig nie. Moet, wanner die suigstokkie op is, asseblief nie aan die stokkie begin suig tydens ʼn vertoning nie. Dis gross en dit freak my uit.

Wees ook asseblief betyds vir alle vertonings. Ek moes menigmale ʼn ekstra paar minute wag vir ʼn vertoning om te begin omdat jy nog jou sigarettetjie gerook het.

Fotograwe, daardie masjientjie wat jou verniet in ʼn vertoning inkry, is baie steurend. Die flitse gee my aanvalle en die klank van jou foto’tjies is steurend. Doen almal die guns en reël vooraf vir ʼn paar kiekies of doen iets met die settings op jou kamera.

Die ‘feessituasie’ in die land gee vir baie mense kans om toneelstukke te kyk, en daaroor is ek inniglik bly.
Sit jou bier weg, jou selfoon af en wees betyds. Dis net goeie maniere.

No comments:

Post a Comment

Please keep comments clean.