Liewe Ina
Ek antwoord op
jou brief laas week (Groot Voete).
Ek is nou 26 en
dra tussen ʼn 9 en 10 grootte skoen. Ek
onthou hoe ek ook hoog en laag moes soek vir skoene vir al die groot hoërskool
mylpale. My ma moes deurskiet Worcester toe en met winkelassistente praat
terwyl ek skaam-skaam in die hoekie van die skoenwinkel vertoef.
Ek het twee pare
skoene vir matriekafskeid gehad, want nie een het eintlik perfek gepas nie.
En, op ʼn stadium het ek net tekkies gedra.
Wel, hier is ʼn paar plekkies waar ek
deesdae skoene kry. Hoewel, nou nie mooi dun silwer skoene nie.
Woolworths dra wel ʼn nommer 9, maar dit is soms so ʼn dun skoen, dat dit nie vir my pas nie. Veral
nie die toe skoene nie. En, hul groot nommers vlieg van die rakke af. Wanneer
gaan winkel leer dat daar meer mense is wat groot nommers dra?
Ek vind ook dat die kwaliteit van die skoen nie goed is nie. Mens is seker
nie veronderstel om daardie skoene 24 uur ʼn dag te dra nie, maar as dit al is
wat pas het mens nie ʼn ander keuse nie.
Crocs verkoop ook groter skoene. En, hulle skoene is baie mooi deesdae. Ek
dra hulle nommer 11, so ek skat jou dogter sal dalk ʼn nommer 10 by hulle dra.
Crocs is gemaklik, maar wel ʼn bietjie duur. Maar, moet nie dat die naam jou
afsit nie. Hulle het pragtige fyn sandale.
Laastens, in Hermanus is daar ʼn winkel met die naam Ally Shoes. Hulle het
ook groter nommers. Dit is wel ook ʼn bietjie duurder, maar baie goeie
kwaliteit.
Op die stadium is ek gelukkig met ʼn netjiese swart skoen, maar ek skat dit
is die laaste ding wat jou dogter soek vir matriekafskeid.
Ek was baie skaam oor my groot voete op skool, totdat een van my klasmaats
eendag vir my gesê het, “Weet jy, jy sou darem vreemd gelyk het met klein voete.
Dit sou nie by jou pas nie.”
Ek het klaar vrede gemaak dat ek eendag in ʼn Croc gaan trou of kaalvoet op
die strand. Net nie in netjiese swart skoene nie.
Sterkte.
Dayne “Grootvoet”Nel
Waar in Hermanus is Ally Shoes ?
ReplyDeletehttp://www.hermanus.co.za/where-to-buy/clothing-a-accessories/shoes/2329-ally-shoes
Deletehttp://www.hermanus.co.za/where-to-buy/clothing-a-accessories/shoes/2329-ally-shoes
ReplyDelete2 Warrington Place. :)