Friday, 14 March 2014

Stamlint

Stamlint het by die jaar se Woordfees debuut gemaak. Ek het na die Dinsdagvertoning gaan kyk. Hier is wat ek gedink het:  


Ons almal het ʼn ma en ons almal dink aan daardie een ding wat ons eendag vir haar gaan doen om dankie te sê. En, ons gaan eendag tot die uiterste gaan om dit vir haar te doen.
Mari Borstlap Calitz doen dit met Stamlint, haar nuutste produksie wat by die Woordfees debuteer.
Borstlap Calitz wys die gehoor ʼn blik op die lewe van ʼn dogter wie se ma vir die derde keer met borskanker gediagnoseer is.
Teen dié tyd is die familie moeg baklei teen dié siekte en ʼn jong dogter soek ʼn rede vir hierdie aanhoudende stryd.
Met die gebruik van multimedia en ʼn minimalistiese stel vertel sy van haar ma se stryd.
Sy neem die gehoor deur haar oomblikke van skok en swaarkry, maar ook deur hul familie se samekoms en feesviering.  
Die las van ʼn lang geveg verdwyn met haar ma se ewige positiwiteit wat lig aan die donker gemoed van ʼn familie gee.
Borstlap Calitz maak gebruik van storievertelling, poësie, fisiese teater en sang om hierdie blik van ʼn lang verhaal weer te gee.
Haar spel is fyn en afgerond.
Die einde voel wel ʼn paar sekondes te lank. 
Die musiek word gelei deur Wilken Calitz en die choreografie is deur Ina Wichterich-Mogane behartig.
Stamlint laat jou, jou ma ʼn drukkie wil gee.
Stamlint wys tot 16 Maart by die Woordfees. 
Moet nie hierdie juweel misloop nie.


No comments:

Post a Comment

Please keep comments clean.